Rateltaai Avontuurkamp

Die Rateltaai kamp is geskape vir die ouer seuns (afhangende van die groep, 17-21 jaar) om hulself, en hulle vaardighede te toets, en op te skerp. Die seuns word aan die werk gesteek, aan die oefen gesit, vaardighede geleer en dan kans gegee om dit alles self te doen.

Meer as dit word die manne ook in die proses respek en orde geleer, op ‘n ontdekkingsroete gestuur om werklik uit te vind wie hulle is sonder tegnologie en 1ste-werelds gemaklikhede, en sal werklik terug keer huis toe as ‘n sterker, meer ervare en beter voorbereid vir die lewe jong man.

Die kamp behels verskeie aktiwiteite wat ontwerp is om hulle uit te daag fisies en emosioneel. Dit is egter goed afgerond met ordentlike fasiliteite, genoeg kos vir die uitdagende take en beperkte selfoon tyd om kontak te maak met die geliefdes gedurende ‘n kort periode voor aandete.