Jong Stadsboer Veldskool

Die volgende veldskool:

  • Gr 8 & 11 leerders

Die jong Stadsboer sal swaar terugkeer na ‘n week op Berchtesgaden. Die program se doel is om ons jeug die geleentheid te gee om beide boer- en wildsplaas te ervaar soos sy eie.

Na ‘n harde dag op die plaas tussen die beeste en skape, of aktiewe dag in die bosveld op die spoor van ‘n Koedoe bul keer alle Stadsboere terug na ons luukse Lodge waar hulle in ‘n veilige omgewing daaglikse smul maaltye ontvang.

Die Veldskool Behels

Berchtesgaden is en bied

  • ‘n jagplaas met oorvloed van wild
  • Akkommodasie van bogemiddelde standaard in luukse chalets en Safari tente
  • ‘n Lewenstyl Boerplaas en
  • ‘n ervaring wat nie oorvertel kan word nie – jy moet dit kom ervaar

 

Die jong Stadsboer, Gr 8-11, arriveer op 1 Oktober 2023 en mag huis toe gaan op 7 Oktober 2023 – die terugkeer sal swaar wees na ‘n week op Berchtesgaden. Die program se doel is om ons jeug die geleentheid te gee om beide boer- en wildsplaas te ervaar soos sy eie. Na ‘n harde dag op die plaas tussen die beeste en skape, of aktiewe dag in die bosveld op die spoor van ‘n Koedoe bul keer alle Stadsboere terug na ons luukse Lodge waar hulle in ‘n veilige omgewing daaglikse smul maaltye ontvang.

 

Die volgende is onderwerpe wat behandel sal word en waar die kinders die geleentheid sal hê om prakties betrokke te wees orals waar moontlik.

BOERPLAAS bedrywighede

  • Diere waaraan blootgestel sal word
    • Kos gee en hantering
      • Melk beeste en kalwers
      • Skape en lammers
      • Hoenders
      • Varke
      • Perde
    • Skyfskiet
    • Boogskiet
    • Onkruid identifisering en bekamping
    • Perde ritte, hantering en versorging daarvan
    • Knope kuns

 

JAGPLAAS bedrywighede

  • Wild
    • Besoek aan bosveld saam met veldgidse
    • Identifiseer beseerde wild / wild wat aandag nodig het / verskillende wildspesies
  • Spoorsny -identifisering van
    • Wild en roofdiere
  • Plantkunde en beskerming van die natuur
    • Onkruid identifisering en bekamping – anders as op die Boerplaas
    • Instandhouding van paaie en die belangrikheid daarvan
    • Identifisering van Bosveld plante en bome
    • Belangrikheid van beheerde brande en nadeel van ongeoorloofde brande
  • Roetemars
  • Nag diere identifiseer en naguitstappie na voer area
  • Diere en wild kos gee
  • Om die Bos TV
    • Houtmaak
    • Stokbrood en verskeie ander tradisionele disse soos op Bosveld plaas
  • Sport
    • Vlugbal
    • Reuse skaak
    • Chipping green
  • Nagmars met sterre en die hemelruim identifisering
  • Basiese noodhulp
  • Perdry onder leiding van volwasse persone

 

Beoordeling en evaluasie sal gedurende elke dag geskiet en na elke Veldskool week sal ‘n JONG STADSBOER VELDSKOOL wenner aangewys word vd betrokke kamp.

 

Veldskool studente ontvang en sal onderworpe wees aan

  • Bogemiddelde verblyf; luukse en-suite chalet of ewe-luukse Safari tente
  • 3 etes per dag
  • Streng sekuriteit en veiligheids bewuste personeel
  • ‘n Ondervinding en leer area wat slegs met die praktiese meelewing op die plaas ervaar sal kan word.
    • @ slegs R3995 + BTW per kind vir die 7 dae

 

Studente moet saam bring

  • Goeie gees en oop gemoed en liefde vir die veld, bos en diere
  • Slaapsak en kussing
  • Lekker gemaklike bosklere en stap skoene, verkieslik donker of kakie van kleur
  • Warm baadjie net vir ingeval
  • Swembroek en -handdoek